Papiere en vullis wat rondlê ontstel vir Retha. So ook, gemors, korrupsie, haat, onreg, onmin en swak maniere op sosiale media.

Ons woorde waai soos papiere rond en besoedel die hele sosiale media. Alles het so aanvaarbaar geword. Dis asof daar nie meer respek is vir ons land, onsself en mense nie. Ons besoedel onsself.

Ons het nie meer trots nie. Retha herinner ons aan Ps. 19:15: “Mag wat ek sê en wat ek dink tog vir U aanneemlik wees, Here, my Rots en my Verlosser.” Hoe lyk jou woorde, is jy besig met besoedeling of ruim jy op?