Hoeveel “rewards”-kaarte het jy in jou handsak? Weet jy ooit wat elkeen se beloning is? Wat as jy self die beloning kon kies? Sou jy lewenskrag, wysheid, insig of blydskap kies?
Sal jy regtig moeite doen om meer punte te kry as jy dit kon kry? Daar is so ‘n kaart in die Bybel. Lees Ps. 19, vanaf v. 8. Lewe, wysheid, koers, blydskap en insig word as belonings aangebied. Hoe kan jy dit kry? Onderhou wat God sê. Dien die Here jou God, hê Hom lief en hê jou naaste lief, soos jouself.
Hoe doen ek dit? Erken dat jy dit nie uit jou eie kan doen nie. Vra die Heilige Gees om jou te help. Wanneer die vrugte van die Gees na vore kom in jou lewe, dan lewe jy ‘n lewe vol van belonings. Wees ingestel om hierdie kaart (die Bybel) te gebruik en kyk watter voordele jy daaruit kry!