Retha dink terug aan ‘n droom wat sy ‘n paar jaar gelede gehad het. Dit het gegaan oor ‘n ontsagwekkende leeumannetjie wat haar spesifiek uitgekies het om by te kom staan. Toe sy wakker word, was sy so bewus van God se grootheid en volmaaktheid, maar ook Sy liefde. Liefde en respek gaan hand aan hand.

Wanneer Retha sukkel om iemand lief te hê, dink sy daaraan dat God hom/haar gemaak en uitgekies het, dan groei haar liefde vir hom/haar. Mag ons regtig weer gaan dink aan wie God is.

Mag ons ons instel om God te sien in Sy grootheid, dan gaan dit ook deursyfer na ons liefde vir ander mense toe. Ps. 25:14: “Die HERE neem hulle wat vir Hom ontsag het, in sy vertroue, en sy verbond is daar om hulle te onderrig (2020 vertaling).