Hierdie week gesels Retha oor die gebed: Here, bewaar my hart.

Sy haal Koos du Plessis se lied aan wanneer hy bid: “Laat my nooit die grond verlaat nie; Laat my in U skadu bly; Elke afdraaipaadjie ken ek; Elke keer het ek verdwaal; Elke keer het U my iewers kom haal; Maak dit Heer die laaste maal.” In Spr. 4:23 staan daar: “Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word, want daaruit is die oorspronge van lewe.” (1953 vertaling) “Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe.” (1983 vertaling)

Hoe bewaar ons ons harte? Geestelike groei ontbloot ons swakhede en beskerm ons teen herhaaldelike foute wat ons laat wegdwaal.