In Kol. 3:12 staan daar: “Beklee julle dan, as uitverkorenes van God, heiliges en geliefdes, met innerlike ontferming, goedertierenheid, nederigheid, sagmoedigheid, lankmoedigheid.“ C S Lewis sê nederigheid is nie om minder van jouself te dink nie, maar om minder aan jouself te dink. Dit is egter nie so maklik om dit uit jou eie uit reg te kry nie.

In Andrew Murray se boek, Humility, staan daar dat nederigheid is om te besef dat God groot en jy klein is. Om te besef wie God alles is en dat alles wat ons het en al bereik het, van Hom af kom, maak ons dankbaar teenoor God. En daardie dankbaarheid lei tot nederigheid.

Nederigheid is dus nie hoe jy oor jouself dink nie, maar hoe jy oor God dink. Daarom kan jy eerder bid, “Here, gee vir my ‘n groter prentjie van U”, wanneer jy vir nederigheid bid.