Hoe sterf jy in jouself? Retha vertel die verhaal van hoe D L Moody hierdie konsep probeer verduidelik het. Jesus sê in Luk. 9:23,24 dat jy elke dag jou kruis moet opneem en Hom volg.
Kies elke dag teen jouself en jou emosies en doen wat God wil hê jy moet doen, soos om mekaar se laste te dra, mekaar te vergewe en jou vyande lief te hê. Oefen dan die patroon in jou lewe.