In Heb. 11:1 staan daar: “Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie.” Nancy DeMoss Wolgemuth sê in haar boekie, My Hartsversugtinge, dat geloof ons help om wanneer ons deur beproewinge gaan, die ewigheidswaarde daarvan raak te sien.
Dit is belangrik om die regte prentjie van God te hê. God se Woord leer ons dat ons pad moeilik gaan wees, maar die Woord leer ons ook dat God in beheer is.
God is goed en God is groot. As ons dit besef, kan ons met ‘n ander gesindheid leef.
Wanneer ons na die sigbare dinge kyk, dan het ons ‘n prentjie van wie ons wil hê God moet wees, maar wanneer ons na die Woord van God kyk, dan kry ons ‘n ewigheidsperspektief. Here, gee vir my die regte prentjie van wie U is.