Retha lees weer uit Luk. 9:23, maar die keer is daar ‘n klemverskuiwing. Om jouself te verloën en Jesus te volg, moenie swaar wees nie.
Die uitnodiging om Jesus te volg is mooi. Hy wil vir jou baie gee - nuwe krag, beskerming en Sy las wat lig is. Ons konsentreer daarop om hierdie swaar las neer te lê, terwyl die Here eintlik sê dat Hy vir ons ‘n ligter las gaan gee. Skielik verander die hele prentjie van hoe dit is om jouself te verloën en Jesus te volg.
Kyk eerder na die vreugde daarvan as hoe moeilik dit is. Hy wil ons kom help. Wat is jou gesindheid daaroor? Beleef jy die swaar of vreugde daarvan? Retha moedig ons aan om selfondersoek te doen en ons gesindhede te verander as dit nodig is.