Retha deel met ons ‘n aanhaling (een van baie) wat hulle tussen hulle ouers se goed gekry het toe hulle die huis opgeruim het na hulle afsterwe.

Daar staan: “As jy bid, stel jy jouself beskikbaar as God se werktuig sodat Hy deur jou kan werk?” Hulle het regtig gebid. Hulle het gebed geleef. Retha vertel hierdie dinge nie net om te getuig nie, maar ook om ons aan te moedig om Woord te bid. Sy lees ‘n gedeelte uit Dr. Bennie Mostert se boek, Woorde uit die Woord.

Hier word geskryf oor die krag van gebede uit die Woord uit. Retha demonstreer hierdie beginsel prakties wanneer sy vir ons Ps. 40:4 bid. Wil jy jou nie ook oopstel as ‘n werktuig sodat God deur jou kan werk nie?