Retha het die afgelope tyd gesels oor haar ouers se nalatenskap. Vandag wil sy vir jou vra wat jou nalatenskap is.

As mense deur jou huis moet stap en ‘n evaluering doen van jou verhouding met God of jou gesin en wat vir jou belangrik is, wat sal hulle kry?

Tydens ‘n familiefees na die afsterwe van Retha se ouers, is getuienisse (herinneringe) en teksverse oor hulle lewe gedeel.

Van haar pa is Mal. 2:5-6 uitgelig. Van haar ma, Spr. 31:10-12. Dit was wie hulle was. Wat is die teksvers (werklikheid) wat jou lewe beskryf? Is dit wat jy sou wou hê mense oor jou moet sê, wat jy werklik leef?

Indien nie, hoe kan jy die gaping verklein, want ons sterf soos ons lewe?