Wat sal jou antwoord wees as die Here na jou toe kom en sê: “Sê net wat jy wil hê en ek sal dit vir jou gee?” Salomo was in so ‘n situasie in 1 Kon. 3.
Retha lees sy antwoord aan die Here uit verskillende vertalings uit. Salomo se antwoord wys na sy gesindheid en sy begeerte om na God te luister, te interpreteer wat Hy vir hom sê en gehoorsaam te wees om te doen wat Hy vir hom sê. Die Here gee vir hom die wysheid waarvoor hy vra.
Wysheid begin by die dien van die Here. In Matt. 7:24-25 staan daar: “Elkeen dan wat hierdie woorde van My hoor en daarvolgens handel, kan vergelyk word met ‘n verstandige man wat sy huis op rots gebou het.
Die stortreën het geval, vloedwaters het afgekom, winde het teen daardie huis gewaai en daaraan geruk, en tog het dit nie ingestort nie, want die fondament was op rots.” As ons doen wat God vir ons sê, sal ons vasstaan in moeilike tye. Vra vir die Here: “Here, hoe moet ek optree om dit te kry wat U graag vir my wil gee?”