Dit help nie ons lag vir ‘n ander weermag as ons dieselfde lyk nie. Ons lees in 1 Pet. 5:8-9 hoe die duiwel ons wil wegtrek van God af.
Hy wil ons moedeloos en vreesagtig maak. Ons kan hom egter teenstaan as ons, soos fikse soldate, paraat is. Ef. 6:11 leer ons om ons krag te soek in die Here. Retha daag ons uit met die vrae: Hoe gereed is jy vir die stryd? Kan jy staande bly teen die aanslae? Hoe voel die mense om jou? Voel hulle dat jou gebede hulle beskerm en veilig laat voel? Hoe gebruik jy die Woord as swaard?
Sy nooi ons uit om deel van God se weermag te word en gereeld te oefen om gereed te wees.