Ons lewe in ‘n koue wêreld, maar wanneer ons besig is met die Skrif, is dit asof ons warm word en sommer net veilig voel, soos wanneer ‘n warmwatersak jou warm maak.

Die Here wil ons harte warm maak en Hy kom doen dit elke dag wanneer ons na Hom toe gaan in sy Woord. Jesus sê in Matt. 11:28-30: “Kom na My toe, almal wat vermoeid en swaar belas is, en Ek sal julle rus gee.

Neem my juk op julle, en leer van My, omdat Ek sagmoedig en nederig van hart is, en julle sal rus vind vir julle gemoed. Want my juk is draaglik en my las is lig.” Kom ons gaan rus in die warmte en veiligheid van God se Woord.