Spr. 25:28 sê: “’n Stad sonder ‘n muur om hom te beskerm, so weerloos is ‘n mens as hy nie selfbeheersing het nie.” Mense voel blootgestel en weerloos as gevolg van ander en hul eie gebrek aan selfbeheersing.

Dan voel hulle onveilig. Maar Spr. 18:10 leer ons dat die Naam van die Here ‘n sterk vesting is; die regverdige vind daar skuiling.

Ook in Ps. 3 herinner die Here ons aan Sy beskerming. Soek en vind jou veiligheid en sekuriteit by God.