Tydens Retha-hulle se onlangse kuier in die wildtuin, was die hoë, groen bome by die rivier vir haar opvallend. Dit lyk nie of wind, weer en diere enige effek op hulle het nie. Hulle bly staande en groei selfs hoër. Water, is wat die verskil maak.
In Ps. 1 lees ons hoe die mens wat sy vreugde in die woord van Here vind, soos ‘n boom geplant langs waterstrome is. Die Here sê Hy is die lewende water. Ons mense is anders as bome. Bome groei waar hulle geplant is, maar ons as mense kan onsself verskuif na ‘n ander plek toe.
As jy in ‘n droogtegebied is, kan jy jouself skuif en nader aan God beweeg, nader aan sy Woord, en ook floreer. Jy kan ‘n groot boom word met outoriteit, waar mense veilig voel en wat staande bly in moeilike omstandighede.