Retha verduidelik dat geluk ‘n ingesteldheid is aan die hand van ‘n pragtige storie. As iemand vir jou moet vra hoe die mense van jou dorp, jou skoonfamilie, jou werk of van ander kulture is, wat sal jy antwoord? Wat is jou ingesteldheid teenoor mense?
Sien jy die goeie raak of sien jy altyd die verkeerde en die slegte raak, want dit beïnvloed jou verhoudings. Jou ingesteldheid het ook ‘n invloed op jou geluk en verhoudings.
Die Here sê vir ons dat ons liefde teenoor alle mense moet hê en hulle moet help. Doen asseblief selfondersoek oor jou gesindheid, bid daaroor en werk daaraan om dit te verander waar nodig.