Retha lees uit Gen. 9:20-25 en gebruik die verhaal van Noag en Gam, sy seun, as voorbeeld van wat ons nie moet doen as ‘n medegelowige in sonde val nie. Gam het Noag se naaktheid (sonde) ontbloot, terwyl Sem en Jafet dit bedek het. In 1 Pet. 4:8, Spr. 10:12 en 1 Kor. 13 lees ons dat liefde sonde bedek.
Ons moet ons medegelowige in liefde reghelp en nie sy vernedering ontbloot nie. Jesus kom klee (bedek) ons met ‘n kleed van geregtigheid (Jak. 5:19). Kom ons volg die voorbeeld van Jesus en bedek mekaar, eerder as om mekaar te ontbloot.