Wat is die verskil tussen ‘n vrugbare bediening wat groei en een waaraan daar kliphard gewerk word, maar dit dra geen vrug en groei nie? Die verskil is of jou werk (vrug) deur die Heilige Gees gelei (bevrug) word of nie.
As jy vir die Here werk om mense te beïndruk of uit eie krag en insigte uit, is jou vrug onbevrug en kan dit nie groei nie. As jy egter op die leiding van die Heilige Gees staatmaak en God toelaat om deur jou te werk, kan die vrug wat jy dra groei en ‘n groot oes oplewer. Lees Ps. 1. Hoe is die vrug wat jy dra?