Toe Jesus hoor dat Lasarus, die een wat Hy liefhet, siek is, het hy drie goed gesê: Hierdie siekte gaan nie tot die dood lei nie. Die Vader se mag gaan gedemonstreer word deur hierdie siekte en die Seun van die mens gaan verheerlik word. Al het Jesus presies geweet wat die uitkoms gaan wees, het Martha en Maria se hartseer Hom oorweldig en het Hy saam gehuil. Die Here weet presies wat in ons lewens aangaan. Al weet Hy wat die uitkoms gaan wees, beteken nie dat dit Hom nie raak nie.
Hy is emosioneel betrokke by ons en ons emosies. Vandat Retha, wanneer sy vir ander bid, sê: “Here, die een wat U liefhet kry swaar en het U nodig,” is dit asof daar meer betekenis in haar gebede is, asof sy God se liefde vir daardie persoon kan ervaar en ook God se liefde vir haarself kan ervaar. Retha moedig ons aan om ook so te bid en die Here op hierdie spesiale manier te ervaar.