In Spr. 18:10 staan daar: “Die Naam van die Here is ‘n sterk vesting; die regverdige vind daar skuiling.”

Retha vertel van gevalle waar mense wat in gevaar keer die Here se naam uitroep en hul lewens gespaar word. Wanneer Dawid in Ps. 116:1-6 sê: “Toe het ek die Naam van die Here aangeroep: ‘Here, red my tog!’” bevestig hy ook die wonder van Jesus se Naam. Soms wanneer Retha oorweldig voel, roep sy die Here se naam uit en bid: “Here, help my.” Of soms teken sy ‘n reddingsboei, simbolies van haar afhanklikheid van Hom. In Hand. 2:21 skryf Paulus van ewige redding, maar dit is ook van toepassing op ons alledaagse situasies. Ons word hierdie week aangemoedig om die naam van die Here uit te roep, want Hy is vir ons ‘n veilige vesting.