In Spr. 20:19 sê Salomo: “Bly weg van iemand wat baie praat.” Praat jy dalk ook te veel? Ons wil dikwels so graag ons storie vertel dat ons nie na iemand anders se stories wil luister nie. Ons hoor nie die persoon se emosies raak nie, luister nie na wat hulle eintlik wil sê nie.
Daar is verskeie Spreuke wat hieroor praat. Sien Spr. 16:23 en 17:27. Hoe moet ons maak om met wysheid te praat? Sif jou gedagtes mooi. Is die ding wat ek nou wil sê geskik vir hierdie geleentheid? Gee vir ander ook ‘n beurt. Is wat ek wil sê opbouend of afbrekend? Is die lang of die kort weergawe nou gepas? Vir party mense kom hierdie wysheid outomaties, maar vir baie kom dit nie vanself nie. Retha moedig ons aan om selfondersoek te doen. Neem ‘n wilsbesluit en dissiplineer jouself om te bly by dit wat die Woord sê, nl. om jou woorde te tel.