Retha sluit die reeks oor Spreuke af en los ons met die gedagte dat ons mooi moet dink wat ons sê. In Spr. 26:18 en 19 staan daar: “Soos ‘n mal mens wat dodelike pyle rondskiet, so is iemand wat ‘n ander bedrieg en sê: ‘Ek speel sommer.’” Daar is niks fout met ‘n grap op die regte tyd nie, maar as ons ‘n grap maak om ‘n stekie in te kry, soos bv. ‘n grappie oor skoonma’s, tieners of mans, kan dit skade aanrig. Spr. 12:18: “Praat sonder om te dink kan soos dolksteke wees; wyse mense bring genesing met wat hulle sê.” Spr. 26:23: “Soos om ‘n potskerf met silwer oor te trek, so is dit om slegte bedoelings agter mooi woorde weg te steek.” Spr. 15:4: “Kalmerende woorde bring lewe, skynheilige woorde breek mense.” Ons word aangemoedig om mooi te dink hoe ons praat en ons woorde te sif. Stel jouself in om die regte woorde te gebruik. Lewensaadjies is 'n reeks van kort boodskappies wat deur Revive Our Hearts South Africa aangebied word. Elke Woensdag word daar ‘n saadjie gesaai wat jou kan help in jou geestelike groei.