Retha dink met deernis terug aan hoe haar ma haar geleer het om mooi gedagtes te hê. Sy het altyd gesê: “As jy die wolke sien dryf, moet jy mooi gedagtes hê.” Ons lees in die Bybel ook van ‘n groep mense wat gestaan en kyk het na die wolke. Dit was net nadat Jesus gekruisig is en veertig dae later in ‘n wolk weggeneem is en opgevaar het hemel toe. (Hand. 1:10-11) Retha wonder hoeveel keer sy volgelinge opgekyk het na die wolke en gewonder het wanneer Hy weer sal kom, want hulle het geweet dat Hy weer sal kom. Die vraag is of jy ook ‘n verwagting en afwagting het vir Jesus se wederkoms. Is jy gereed vir wanneer Hy kom? Kyk of jy die wolke sien dryf en wanneer jy dit sien, bid vir iemand wat jy weet nog nie gereed is vir Jesus se koms nie. Maranatha – “Kom Here Jesus, kom.”