Vandag deel Retha ‘n interessante stukkie geskiedenis waarvan daar in die Bybel gepraat word. Ongeveer vierhonderd jaar nadat Jesaja geprofeteer het oor die ballingskap en dat Kores die ballingskap gaan laat eindig (Jes. 44-45), het ‘n Persiese heerser, Kores die Grote, Babilon met ‘n slim strategie verower.

Toe Retha hierdie geskiedenis gelees het, het sy besef dat dit die Here se strategie is wat aan Kores beskikbaar gestel was. Net so gebruik die Here vandag nog dieselfde strategie om mense vry te maak van slawerny. Die Here gebruik arbeiders soos ek en jy om die weg voor te berei vir die Heilige Gees, sodat mense vry kan kom. Ons as arbeiders moenie moeg raak om te spit en te grou met gebede, omgee vir verlorenes en gehoorsaamheid aan elke opdrag van die Here nie, al maak dit nie sin nie. Dit is deel van die Here se meesterplan.