Retha nooi jou om saam met ROH SA en drie ander bedieninge die antieke gebruik waarvan Paulus in 1 Tim. 4:12-13 praat, weer te laat herleef tydens ROH SA se sesde verjaarsdag in Junie 2022. Die Bybel gaan in drie dae saam hardop deurgelees word oor Zoom! Die idee is om in te skakel op Zoom en terwyl die Woord gelees word, jy die Woord vir jouself en vir ander sal bid, met die verwagting dat die Woord van die Here nie leeg sal terugkeer na Hom toe nie. Deel asseblief hierdie uitnodiging met ander. Kontak sainfo@reviveourhearts.co.za vir meer inligting.