Vandag, net so voor Vadersdag, deel Retha (met die toestemming van hulle altwee) ‘n persoonlike brief van haar middelste seun aan sy pa. Hy het die brief net na matriek geskryf, terwyl hy vir ‘n jaar lank deur Global Challenge sendingwerk gedoen het. Terwyl hy oorsee was, het hy neergeskryf wat hy by sy pa geleer het en gesê dit is wat hy eendag vir sy eie kinders ook wil leer. Dié lys, getiteld “Spreuke 32”, was daardie jaar sy pa se Vadersdaggeskenk. Luister gerus!