Hoe lank het dit die Israeliete gevat om gewoond te raak aan hulle grendeltyd in die woestyn en te besef dat die woestyn nou hulle werklikheid is?
God belowe in Josua 1:5: “Soos Ek by Moses was, so sal ek by jou wees. Ek sal jou nie in die steek laat nie, jou nie verlaat nie.”
Ons hoef nie bang te wees vir die toekoms nie. Die Here is by ons. “Wees sterk, wees vasberade.” (v.6) Hy gee vir ons Sy Woord. Laat dit vir ons die riglyn wees waarvolgens ons lewe.