DABBA staan vir: Daaglikse aanbidding deur Bybellees, bid en uitreik na ander. Luister na hierdie week se Lewensaadjie om te hoor hoe die selfopgemaakte woord ontstaan het. Retha wil vandag vir jou vra: DABBA jy? Aanbid jy daagliks die Here deur Bybel te lees, te bid en uit te reik na ander? As jy dalk nou skuldig hieroor voel, word jy daaraan herinner dat dit jou nie sal verhinder om in die hemel te kom nie. Jy word gered oor dit wat Jesus vir jou gedoen het en jy dit aanvaar. God is nie vir jou kwaad as jy nie elke dag Bybel lees nie. Die probleem is, dis jy wat uitmis, want jy het dit nodig om geestelik te groei. Sy lees 2 Tim. 3:16 en vra die vrae: “Is jy volkome toegerus en voorbereid vir elke dag se taak? Het jy die vermoë om te onderskei tussen reg en verkeerd? Dis wat die Skrif vir ons doen wanneer ons elke dag besig is met die Woord – ons leer wie God is en wie onsself is. Toe Retha die dag besef dat Bybellees nie deel van haar “to do”- lys moet wees nie, maar deel van haar alledaagse lewe, het sy ophou skuldig voel en begin uitsien daarna.