Retha beklemtoon hierdie week die belangrikheid daarvan om iemand moed in te praat of self bemoedig te word, veral in vandag se tyd. Sy lees uit Hand. 4, vanaf vers 36 en gebruik vir Josef, wat deur die Apostels Barnabas genoem is, as voorbeeld. Die bynaam Barnabas beteken: iemand wat mense moed inpraat. Sy vertel van Barnabas se rol in Paulus se lewe en hoe hy die gemeente gevra het om vir Paulus, ten spyte van sy wrede verlede, ‘n kans te gee. Wie is die Barnabas in jou lewe, wie stap ‘n pad saam met jou? Vir wie is jy ‘n Barnabas? Praat jy mense moed in? Bid en vra vir die Here vir wie jy ‘n Barnabas moet wees.