Wanneer Retha weer deur Genesis lees, kom sy tot die besef dat God met elkeen van ons op ‘n unieke manier werk. Vir Noag het hy duidelike instruksies gegee. Abraham moes eers gehoorsaam wees voordat die Here vir hom die volgende stap gegee het. Josef se omstandighede het hom gelei. Hy het geen instruksies gekry nie.
Dikwels moet ons ook net gehoorsaam wees en aan God se beloftes vashou wanneer Sy instruksies nie so duidelik vir ons is nie. Retha bemoedig ons met Num. 23:19: “God is nie ‘n mens dat Hy sou lieg nie, ‘n mens dat Hy van gedagte sou verander nie. Sou Hy iets sê en dit nie doen nie, iets belowe en dit nie uitvoer nie?” Mag jy getrou bly en weet dat God ook met jou werk op ‘n unieke manier.