Retha vertel van ‘n boek wat sy jare gelede gelees het wat ‘n geweldige indruk op haar gemaak het - in so ‘n mate dat sy haar lewensiening bietjie verander het en aanpassings moes maak. Die boek se naam is “Brokenness” van Nancy Leigh DeMoss. In die boek het Nancy ‘n lys gemaak van verskillende maniere hoe trotse mense en gebroke mense optree in dieselfde situasie. ‘n Paar van die goed uit die lys word voorgelees. Die kontras van optrede is opvallend. Ons word uitgedaag om onsself daaraan te evalueer. Is jy ‘n gebroke mens of ‘n eiewillige, trotse mens?