Liefde is ‘n gesindheid uit die hart uit. Mense betoon liefde op verskillende maniere aan mekaar. Net so is ons eerbied vir God ook verskillend. Retha verduidelik hierdie waarheid aan die hand van twee pragtige voorbeelde. Ons kan ons eerbied vir God op verskillende maniere wys, maar een ding mag nie verskil nie. Ons moet ons eerbied vir God wys deur gehoorsaam te wees aan Sy Woord. Anders is dit slegs leë rituele wat ons doen. In Jes. 66:2 staan daar: “Dit is die een wat Ek raaksien, die een wat nederig is en berou het oor sy sonde, wat ontsag het vir my woord.” (NLV) As ons wil hê God moet ons raaksien, moet ons in nederigheid gehoorsaam wees aan Sy Woord. Dit wys ons gebrokenheid voor God.