As jy vandag doodgaan, dink jy jy gaan hemel toe of hoop jy jy gaan hemel toe of weet jy jy gaan hemel toe? Dink mooi voor jy antwoord. Dink jy, hoop jy of weet jy? Daar is ‘n baie groot verskil tussen dink, hoop en weet. Ons kan weet dat ons hemel toe gaan. Toe Retha nog onseker was of sy regtig hemel toe gaan, het sy oor en oor gebid: “Here, vergewe my sondes, Here neem my aan as U kind, ek neem U aan as my verlosser.” Eendag het sy egter anders begin bid: “Here, dankie dat U my sondes vergewe het, dankie dat U my as U kind aangeneem het en dankie dat U my verlosser is.” Vandag weet Retha dat as sy doodgaan, sy hemel toe gaan. Joh. 1:12 en 1 Joh. 5:13 verduidelik so mooi hoe jy ook seker kan wees. Ons móét seker wees. Ons word aangemoedig om van hierdie sekerheid te getuig, sodat ons geliefdes nie eendag hoef te wonder waar ons is wanneer ons sterwe nie.