Wat kan jy doen as jy voel of jy geestelik stagneer?
Retha het die raad om te begin met die skryf van ‘n Bybelboek gevolg en werklik gevoel of sy weer met die Here kontak maak.
As jy voel of jy op ‘n geestelike plato is, begin dalk ook om die Woord te skryf. Ps. 1 sê: “Dit gaan goed met die mens wat nie die raad van goddeloses volg nie, … maar wat in die woord van die Here sy vreugde vind, dit dag vir dag oordink.”
Mag jy ook die vreugde van die Woord leer ken.