Wat beteken dit om regtig op die Here te wag? In Jes. 40:31 is dit ‘n voorwaarde op die belofte van nuwe krag, arendsvlerke, en om nie moeg te word nie.
Ons gaan in die volgende paar weke na verskillende maniere van wag op die Here kyk, sodat ons ingestel raak om op die Here te wag.
William Hoernel het eenkeer die vraag van hoekom God beloftes aan mense maak en hulle dan so lank laat wag, so mooi geantwoord.
God maak aan mense beloftes om vir hulle hoop te gee. Is daar ‘n belofte waarop jy wag?
Hy’t gekies om vir jou ‘n belofte te gee om vir jou hoop te gee. Hou vas aan die belofte. Num. 23:19 sê deel van God se karakter is: “Hy doen wat Hy sê Hy gaan doen.”