Wanneer Retha vasval in haar motor, leer sy waardevolle lesse. Hou in geloof vas aan die Here se beloftes, al verander jou omstandighede nie dadelik nie.

Moenie in God se karakter twyfel nie. Moenie dat jou omstandighede maak dat jy nie by die Here uitkom nie.

Ons moet gehoorsaam wees en doen wat Hy sê, want soms is wat ons moet doen, deel van die uitkoms. En loof en prys steeds die Here in die omstandighede!