Ons het so baie keer die Here se spesiale teenwoordigheid nodig. Maar wat kan ek doen om die Here se teenwoordigheid te ervaar?

‘n Gebed, geskryf deur Walter Beuttler, verduidelik so mooi wat ons kan doen. Wees nederig beskikbaar. Wag op die Here soos ‘n geliefde, nie soos ‘n bedelaar nie.

n Geliefde wag op ‘n persoon, terwyl ‘n bedelaar wag vir iets. Wag jy op God se teenwoordigheid soos ‘n geliefde, of wag jy opdringerig, soos ‘n bedelaar?