Hoe sal jy vandag jou geestelike lewe aan iemand beskryf? Is dit lewendig of voel jy geestelik bietjie afgestomp?

Geestelike afstomping is dikwels die gevolg van teleurstelling, wanneer daar nie aan jou verwagtinge voldoen word nie.

Jakob in die Bybel is ‘n goeie voorbeeld hiervan. Wanneer Jakob se drome oor sy seun, Josef oënskynlik nie waar word nie, raak hy depressief en geestelik afgestomp. In Gen. 45, vanaf vers 26 lees ons dat hy die goeie nuus dat Josef leef, aanvanklik nie glo nie, totdat hy die waens wat Josef gestuur het sien. Toe hy sien, toe gee dit vir hom lewe.

Ons moet ook weer sien. Kyk wie God is, hoe groot en goed Hy is en sien dat Hy in beheer is.