Skottelgoed wat vooraf in water geweek is, was makliker skoon. Mag jy nie net jou skottelgoed week en was nie, maar mag jy ook jouself gaan week in die Woord die vakansie.

Blaai dalk deur jou Bybel en lees al die onderstreepte versies, of lees ‘n Bybelboek van begin tot einde deur. Skets ‘n gedeelte of skryf ‘n gedig daaroor.

Gaan rus in die Woord sodat die Here met jou kan werk. Week in die Woord. In 2 Tim. 3 vanaf vers 16 lees ons hoe die Skrif ons toerus. Gaan Skrif toe sodat jy voorbereid is vir die jaar wat voorlê.