Retha dink terug aan ‘n Kersfeespreek wat sy eenkeer gehoor het toe daar van baba Jesus as God in gekonsentreerde vorm gepraat is.
Die beeld was kragtig. Dink net daaraan dat ons almagtige God Homself vrywilliglik aan tyd en ruimte kom onderwerp het en vir 9 maande in ‘n vrou se liggaam was.
Die wonder van Sy geboorte moet nooit misgekyk word nie. Sy daag ons uit om hierdie Kerstyd weer vir God Sy regmatige plek te kom gee.
Dink aan kreatiewe maniere om Sy magtigheid in jou kersversierings of -ete uit te beeld. Wanneer Retha dankie sê, wens sy ook vir almal ‘n ware Christusfees toe.