Latest Episode September 16, 2026

Lankmoedige liefde 2

Read the Full Transcript

Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.

Paulus leer ons dat ware, goddelike liefde geduldig is. ‘n Ander woord daarvoor is lankmoedigheid. Soms gebeur dit dat jy in jou huwelik lankmoedigheid moet hê. 

Daar word vertel van ‘n vrou wat reeds 20 jaar getroud was, maar sy was in ‘n ongelukkige huwelik, almal het haar aangeraai dat sy eerder moes skei. Hoewel sy geen liefde meer vir haar man gevoel het nie, het sy geglo dat God ‘n uitweg sal gee. Sy het elke oggend getrou gebid en gevra dat God haar man deur haar moes liefhê. Sy vertel dat sy een dag uit die bloute net skielik besef het dat sy weer vir haar man omgee; sy het haar verstout en erken dat sy eintlik weer besonder lief was vir hom .

Die eienskappe van liefde wat Paulus in 1 Korintiërs 13 beskryf, is nie gevoelens nie, maar dade. Paulus sê nie ons moet geduldig voel nie, hy sê ons moet geduldig wees. Wanneer ons in ons dade aan God gehoorsaam is, sal Hy sorg dat die gevoel gou ook daar sal wees. 

1 Johannes 3:18 “Laat ons nie liefhê met woorde of gepratery nie, maar eerder deur ons optrede, en met opregte bedoelings.”

Seëngroete van ROHSA

Latest Episodes

About the Host

Corné Loots

Corné joined the ROH SA team in 2016, and she has been involved in Cross-Cultural Ministry since 1994. She enjoys her calling to mentor the Ruth generation of African women, to experience freedom, fullness and fruitfulness in Christ.

Cross-cultural … read more …