Seeking Him Afrikaans Podcast

Poster image

Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.

Dit was ’n week voor die Paasfees en Jesus het vir ‘n groot beroering onder die godsdienstige leiers gesorg. Ons lees in Matteus 21 dat Jesus die geldwisselaars en handelaars uit die tempel uitgejaag het. Hy het blindes en kreupeles gesond gemaak – mense wat gewoonlik nie eens in God se huis toegelaat is nie. Dan het Hy ook toegelaat dat die kinders uit volle bors sing: “Hosanna vir die Seun van Dawid!”

Vers 15: “Toe die leierpriesters en skrifkenners die wonderbaarlike dinge sien wat Hy doen, en ook die kinders wat op die tempelterrein uitroep, “Hosanna vir die Seun van Dawid!” was hulle verontwaardig en het vir Hom gesê: “Hoor jy wat sê hierdie kinders?” Maar Jesus antwoord hulle: “Ja, het julle nog nooit gelees nie, ‘Uit die mond van kleuters en suigelinge het U lof vir U laat opklink’?”

Die kinders het Hom vrylik aanbid, daarteenoor het die godsdienstige leiers ervaar dinge is onregverdig, vernederend en onbehoorlik. Hulle was veral benoud dat dinge buite hulle beheer kon raak.

Jesus het al soveel wonderlike dinge gedoen en Hy werk vandag nogsteeds kragtig in mense se lewens. Is jy self dalk verontwaardig of benoud oor iets, soos daardie godsdienstige leiers? Of nader jy God met jou hele hart in aanbidding, net soos daardie kinders?

Seëngroete van ROHSA

Sleutelwoorde:

Browse Past Episodes By

About the Host

Nancy DeMoss Wolgemuth

Nancy DeMoss Wolgemuth is the founder and lead Bible teacher for Revive Our Hearts, a ministry dedicated to calling women to freedom, fullness, and fruitfulness in Christ. Nancy's love for Christ and passion for His Word are evident through … read more …