Seeking Him Afrikaans-potgooi

Poster image

Hierdie is Seeking Him deur Nancy DeMoss Wolgemuth.

Ek glo elkeen van ons ervaar die daaglikse tweestryd tussen die Gees en ons vlees.

Die Gees sê vergewe, ons vlees sê nee, nie nou nie.
Die Gees sê eet verantwoordelik, die vlees sê eet soveel jy wil, wanneer jy wil.
Die Gees sê gee hierdie geld vir iemand in nood, die vlees sê nee daar iets mooi waarmee ek myself lankal wou bederf.
Die Gees sê spandeer hierdie tyd in die Woord, die vlees sê dit was ‘n moeilike dag, ontspan eerder die aand voor die tv.
Die Gees sê tel jou woorde, die vlees sê nee, nou gaan jy my hoor!

Wanneer ons besluit om aan die vlees toe te gee, kan ons toelaat dat sonde oor ons heers. Maar elke keer wat ons ja sê vir die Gees van God, gee ons Hom groter beheer oor ons lewens.

Johannes 15:5 “Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie.” 

Gaan jy vandag instem wanneer die Gees van God met jou praat?

Seëngroete van ROHSA

Browse Past Episodes By

About the Host

Nancy DeMoss Wolgemuth

Nancy DeMoss Wolgemuth is the founder and lead Bible teacher for Revive Our Hearts, a ministry dedicated to calling women to freedom, fullness, and fruitfulness in Christ. Nancy's love for Christ and passion for His Word are evident through … read more …