Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.
Ek het klavierlesse begin neem toe ek vier jaar oud was. My musiekonderwyseres was ‘n baie ervare pianis. Maar toe het ek universiteit toe gegaan het, het ek ‘n instrukteur gekry wat selfs meer kennis gehad het. En dan per geleentheid, het die universiteit 'n meester ingetrek vir spesifieke projekte. Hierdie spesiale gas het ingewikkelde werke verduidelik wat hy oor baie jare van studie en uitvoering geleer het.
Besef jy dat daar 'n meester onderwyser is wat jou private onderrig wil gee? Wanneer ons gaan sit om die Woord van God te bestudeer, is ons in gesprek met die mees, briljante Meester ooit.
In Kolossense 2:2 bid Paulus vir gelowiges “Dit is my doel dat hulle harte, deur liefde saamgebind bemoedig mag word, en dat hulle kan kom tot die volle rykdom van allesomvattende insig, ja, tot die kennis van die misterie van God, naamlik Christus, in wie al die skatte van wysheid en kennis verborge is.”
Spandeer jy tyd om skatte van wysheid en kennis te bekom? Het jy vandag met jou Meester onderwyser vergader? Wat 'n ontsaglike groot voorreg is dit om privaat les te kry by Hom!
Seëngroete van ROHSA
Sleutelwoorde: Oordenkings, Stiltetyd