Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.
Onthou jy nog die boeke wat jy as kind gelees het? Ek onthou een van die eerstes wat ek gelees het, se titel was “Die skoenmaker wat vir Indië die Bybel gegee het”. Dit was ‘n kinderboek weergawe van die lewe van William Carey, ‘n engelse skoenmaker wat gehelp het om die sending beweging te begin, te midde van groot uitdagings. Hy het daarna self ‘n sendeling in Indië geword en was verantwoordelik om toesig te hou oor die vertaling van die Bybel in 40 tale.
Om as kind hierdie verhaal te lees het my ‘n passie gegee om die Here lief te hê met my hele hart. Dit was deur soortgelyke verhale, dat ek - Nancy, die besluit geneem het om voltyds in diens van God te wees.
Spreuke 22:6 herinner ons “Wanneer jy vir ‘n jongmens leer hoe hy moet lewe, dan hou hy aan om so te lewe, ook wanneer hy oud geword het.”
Wanneer jy vir jou kinders boeke kies, het jy die geleentheid om vir hulle te wys wat dit beteken om God heelhartig te dien. Wanneer jy vir hulle boeke kies, moenie die boeke miskyk, wat vertel van sendelinge en ander wat geleef het om God te vereer nie. Dit mag dalk jou kinders se lewens vir ewig verander.
Seëngroete van ROHSA
Sleutel woorde: Moederskap