Seeking Him Afrikaans Podcast

Poster image

Hierdie is Seeking Him deur Nancy DeMoss Wolgemuth.

Ek het eenkeer met 'n groep voltydse Christelike werkers gesels, oor die onderwerp: "Die moontlike slaggate in die bediening – dit is slegs deur die genade van 'n getroue God dat ons getrou kan bly en die wedloop goed kan voltooi."

Ek self het self amper in die strik getrap, om voor te gee asof ek nog nooit in enige van daardie slaggateal  getrap het nie – asof ek alles onder beheer gehad het. Die waarheid was dat ek op daardie stadium in my lewe, self gevaarlik naby daaraan was om in verskeie van daardie slaggate te trap!

Ek moes teenoor daardie Christelike werkers erken dat ek hierdie boodskap net so nodig gehad het soos enigiemand anders. As spreker moes ek eerlik wees oor my eie swakheid en my behoefte aan God se genade.

Psalm 138:6-8 sê: "Ja, verhewe is die Here, maar nederiges sien Hy raak en hoogmoediges ken Hy van ver af.” As ek in diep benoudheid verkeer, bewaar U my lewe; teen die toorn van my vyande steek U u hand uit; u regterhand verlos my. Die Here self tree vir my in. " 

Let vandag bietjie op na watter geleentheid God jou gee om jou te verootmoedig en jou benoudhede en behoeftes uit te spreek.

Seëngroete van ROHSA

Sleutelwoorde: Oorgawe

Browse Past Episodes By