Seeking Him Afrikaans Podcast

Poster image

Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.

Ek dink dis vir elke ouer moeilik om hulle volwasse kinders te groet wanneer hulle weg trek. Maar ek dink dis veral moeilik wanneer jou kinders halfpad om die aarde trek. 

Een van my vriendinne moes hierdie uitdaging verwerk, toe haar dogter met haar hele gesin (met ander woorde ook haar twee kosbare kleinkinders) ver weg trek, om in Cambodja te gaan sendingwerk doen. 

Net voordat hulle sou vertrek, het ek my vriendin gevra of dit nie vir haar vreeslik swaar is nie. Haar antwoord het my so verras! Sy het vir my gesê: “Nee vriendin, dis glad nie vir my swaar nie, dis vir my wonderlik dat my kinders hulle lewes wil neerlê vir die Evangelie. Die deel wat nie maklik is nie, is dat ons weet ons hulle nie gereeld gaan kan sien nie, maar daarom sien ons so uit na die Ewigheid.” 

Net soos daar in 1 Korintiers 7:17 staan “Maar elkeen moet wandel net soos God hom dit toebedeel het, soos die Here elkeen geroep het.“

Liefdevolle ouers wil verseker hulle kinders en kleinkinders naby aan hulle hê, maar wysheid lê daarin wanneer jy weet jy offer alles op sodat jou kinders God se plan vir hulle lewens kan uitleef.

Seëngroete van ROHSA

Sleutelwoorde:

Browse Past Episodes By

About the Host

Nancy DeMoss Wolgemuth

Nancy DeMoss Wolgemuth is the founder and lead Bible teacher for Revive Our Hearts, a ministry dedicated to calling women to freedom, fullness, and fruitfulness in Christ. Nancy's love for Christ and passion for His Word are evident through … read more …