Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.
Het jy geweet dat die eerste klere ontwerp was om te kamoefleer? Adam en Eva het gehoop dat hulle vyeblare hulle met die omgewing kon laat saamsmelt en hulle so vir God kon wegkruip. Dit klink dalk bietjie belaglik, maar ons doen soms presies dieselfde. Herken jy jou eie stem in hierdie gekamoefleerde stellings?
Ek het eintlik net ‘n ou klein foutjie gemaak.
My humeur is maar ‘n familie trek.
Almal vertel soms ‘n wit leuntjie.
Ons natuurlike reaksie is om verskonings te maak, om ons sondes te regverdig of toe te smeer om onsself beter te laat lyk, om meer onskuldig voor te kom. Maar God sien alles raak. Hy het vir Adam en Eva gevra “Waar is julle?” Natuurlik het Hy geweet Hom te wees en hulle sonde te belei.
God gee aan ons ook ‘n regverdige kans. Wanneer God jou van jou sonde bewus maak, is jy eerlik, of probeer jy vir Hom wegkruip? Onthou wat Jesus in Lukas 12:2 gesê het: “Daar is niks bedek wat nie onthul sal word nie, en niks geheim wat nie bekend sal word nie.”
Seëngroete van ROHSA
Sleutelwoorde: