Seeking Him Afrikaans Podcast

Poster image

Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.

Ongelukkig is daar wel vandag mense wat vir maande of selfs jare lank, niks van hulle volwasse kinders gehoor nie. Soms ervaar hulle soveel verwerping, dat hulle dan glo dat God hulle ook nie meer liefhet nie.

Wanneer ons verwerp voel deur ander mense, is dit maklik om vir die vyand se leuens te val. Die meeste van ons sal dit nooit hardop erken nie, maar het jy al ooit aan God se liefde getwyfel? Wanneer ons na die leuen luister wat sê dat God ons toe nou nie liefhet nie, lei daardie leuen ons na ‘n geestelike tronksel toe.

Die waarheid is dat God jou ongelooflik liefhet. Luister wat sê Paulus in Romeine 5 vers 6 “ Ja, juis toe ons nog totaal hulpeloos was, het Christus vir ons, die goddeloses, kom sterf.”

As jy ooit in die versoeking kom om aan God se liefde vir jou te twyfel, dan is Jesus se kruisdood die perfekte bewys van ware liefde. Nie net vir die wêreld daar buite nie, maar veral vir jou persoonlik!

Seëngroete van ROHSA

Sleutelwoorde:

Browse Past Episodes By

About the Host

Nancy DeMoss Wolgemuth

Nancy DeMoss Wolgemuth is the founder and lead Bible teacher for Revive Our Hearts, a ministry dedicated to calling women to freedom, fullness, and fruitfulness in Christ. Nancy's love for Christ and passion for His Word are evident through … read more …