Seeking Him Afrikaans Podcast

Poster image

Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.

 

Ons is geneig om ons lewensomstandighede te beoordeel volgens die invloed daarvan op ons gemak, hoop en welstand. Wanneer probleme opduik, hardloop ons dikwels na God toe – nie noodwendig om Sy wil en perspektief te soek nie, maar om Hom te vra om die swaarkry weg te neem.

 

In ’n kultuur waar sekuriteit, voorspoed en welstand maklik as tekens van God se seën beskou word, kan ons in die versoeking kom om lyding net as ‘n negatief te sien. Maar swaarkty beteken nie dat God ons verlaat het nie. Hy kan dit juis gebruik om ons geloof te verdiep, ons karakter te vorm en ons nader aan Hom te trek.

 

As volgelinge van Christus word ons geroep tot geloof, vertroue, gehoorsaamheid en volharding. Ons hoef nie te stry teen die kruis wat ons moet dra nie. Ons kan dit met ’n gewillige hart aanvaar en vertrou op die plan, liefde en wysheid van die Een wat vir ons gesterf het.

 

Romeine 12:2
“...maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.”

 

Mag ons moeilike omstandighede vanuit geloof benader en God vertrou, selfs wanneer ons nie Sy plan verstaan nie.

 

Seënroete van ROHSA

 

Sleutelwoorde: Lyding, Beproewings, Geloof, Vertroue, Volharding, Gehoorsaamheid

 

 

Browse Past Episodes By

About the Host

Nancy DeMoss Wolgemuth

Nancy DeMoss Wolgemuth is the founder and lead Bible teacher for Revive Our Hearts, a ministry dedicated to calling women to freedom, fullness, and fruitfulness in Christ. Nancy's love for Christ and passion for His Word are evident through … read more …